The horse whisperer South Africa
     
Home arrow Malan in the Press arrow Steeks perde se moses
Steeks perde se moses PDF Print E-mail

Daar is basies twee denkrigtings in perde-afrigting: Die wat glo 'n mens moet 'n perd fisiek domineer en horn selfs slaan totdat sy wil gebreek is en hy ingee, en die wat glo perde kan afgerig word om in die menslike omgewing aan te pas deur met hulle te kommunikeer en begrip te he vir hoe hulle leer en in die natuur optree.

Klein persentasie van aile perde word steeks gebore en is haas on­leerbaar, maar die meeste "moei­like" perde se gedrag kan verander word deur afrigtingstegnieke wat hul natuurlike gedrag naboots.

Die manier waarap hulle met mekaar kommunikeer en leer, asook hul rangstruk­tuur in die trap, is alles belangrike faktore, S8 ds. Malan du Toit, perdegedragskenner en konsultant van Joostenbergvlakte, en tent­maker-predikant van die NG Kerk Maitland in die Wes-Kaap.

Om perde se gedrag deur sielkundige metodes te verander sodat hulle makliker in die menslike omgewing aanpas, is vol­gens hom nie nuut nie: Die Athener Xeno­phon het immers omstreeks 360 v.C. in sy boek oar die ruiterkuns geskryf dat kommu­nikasie en wedersydse respek tussen ruiter en perd die sleutel tot die ruiterkuns is, en sy lesers aangemoedig om iets van die perd se psige Ie leer.

Die afriglingsmetode wat ds. Du Toit ge­bruik, word die afgelope tien jaar deur die Amerikaanse perde-afrigter Monty Roberts gepredik en is ook deur boeke en rolprente soos The Horse Whisperergewild gemaak.

Dit kan gebruik word om jong perde in te breek, perde wat kop- of beksku is, gediens- tig te maak, aggressiewe perde rustig te maak, en renperde te help om kalm in die wegspringhokke in te gaan en sonder pro­bleme weg te spring.

Hoewel daar al baie kritiek op die benade­ring was, S8 ds. Du Toit daar is 'n baie sterk psigiese dissipline. "Dis nie 'n metode wat flouerig en saggies werk nie. Ek 'leer die perd dat daar grense is waarbinne hy mag op­tree."

Hy verdeel al vir sewe jaar sy aandag tussen sy gemeentelede en probleemperde regoor die land. Hoewel hy lank honde afgerig het, en dus te doene gekry het met die basiese beginsels van hoe diere leer, het hy nooit gedink hy sou dit op perde toepas nie. Hy moes noodgedwonge begin perdry toe sy vrou, wat van jongs at 'n kranige ruiter was, hul eerste kind verwag het en nie haar perde kon versorg nie.

Toe iemand hom 'n paar jaar daarna 'n "mallerige" perd gegee het, het hy begin wonder wat in die perd se verlede gebeur het dat hy so moeilik is. Sy nuuskierigheid het hom geprikkel om navorsing te doen oar natuurlike perdegedrag. Watter tipe dier 'n perd is en waarom hy op 'n spesitieke ma­nier reageer, was vrae waarop hy antwoorde gesoek het. 

"Dit is belangrik om te verstaan dat die perd in sy natuurlike omgewing 'n vrees­en-vlugtende dier is wat enige beperking as 'n aanvaller beskou waarvan hy moet vlug. In teenstelling met aanvallende die­re, soos honde, is 'n perd se beste manier van verdediging gewoonlik om te vlug. " 'n Perd is ook 'n sosiale dier wat binne 'n trop met 'n streng hierargie en 'n sterk leier tunksioneer. Een van die interessante ken­merke van 'n perd se geaardheid is dat hy met ander sosiale diere, soos ons, kan meng

(Na bl. 8)

  

Sommige renperde, soos Emperor's Caress, is sensitiet vir aanraking op hul sye. Ds. Malan du Toit se oplossing was 'n spesiale kombers wat deur die Ame­rikaanse perde-atrigter Monty Roberts ontwikkel is. Met die kombers, wat in die wegspringhok agterbly as die perd wegspring, het sy stal-assistent, Isaac Bon­gani, geen probleem om die perd in die wegspringhok te laai nie.

Landbouweekblad, 19 Desember 2003

 

 

 
< Prev   Next >

Language of the Equus

"I believe it is necessary to get the horses co-operation. I do that by speaking to them in the type of body language that they can understand - the language they use to speak to each other in nature," - Malan du Toit.  

This weeks favourite

side1.jpg
"It’s about creating opportunities for people to relate to each other; to join-up, to build relationships based on trust and respect, knowing the importance of body language, especially… and having a lot of patience," - Malan du Toit.

Syndicate

© 2008 MalanDuToit.co.za The Horse Whisperer South Africa | All rights reserved. | Malan Du Toit -  083 458 9830

Powered by HorseTrader.co.za